JOIN OUR MAILING LIST |
{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock
Verdere Onderwys en Opleidingsfase (graad 10 tot 12)
Registrasie en toelating tot die VOO-fase
Die volgende belangrike reëlings geld vir die VOO-fase:
Graad 10
Toelatingsvereistes: ʼn Leerder moet graad 9 geslaag het, met die toelaatbare vakkombinasies vir graad 10.
Vakveranderings: ʼn Leerder mag slegs twee vakveranderings gedurende graad 10 maak.
Graad 11
Toelatingsvereistes: ʼn Leerder moet graad 10 na 2007 geslaag het met ʼn minimum van sewe vakke en die vereiste vakkombinasies (met ʼn geldige graad 10-rapport as bewys).
Registrasie: Registrasie by Impak moet plaasvind voor 31 Julie.
Vakveranderings: ʼn Leerder mag slegs twee vakveranderings van graad 10 na graad 11 maak, voor 31 Julie. Die verandering van taal (bv. Afrikaans Huistaal na Afrikaans Eerste Addisionele Taal) geld as ʼn vakverandering. Die invloed van die KABV moet ook in aanmerking geneem word.
Graad 12
Toelatingsvereistes: ʼn Leerder moet graad 10 en graad 11 na 2007 geslaag het met ʼn minimum van sewe vakke en die vereiste vakkombinasies (met ʼn geldige graad 10- en graad 11-rapport as bewys). Die graad 11-rapport moet voor einde Februarie ingedien word.
Registrasie: Registrasie by Impak moet plaasvind voor einde Februarie.
Vakveranderings: ʼn Leerder mag net een vakverandering van graad 11 na graad 12 maak, en dan slegs tydens registrasie. Die verandering van taal (bv. Afrikaans Huistaal na Afrikaans Eerste Addisionele Taal) geld as ʼn vakverandering. Vir enige ekstra vakke moet die kandidaat kan bewys dat die vak in graad 10 en graad 11 suksesvol voltooi is en dat portefeuljewerk voltooi is.
SACAI-registrasie en NSS-eksamen: Die voltooide SACAI-eksamenregistrasievorm (sal aan kandidate per e-pos gestuur word) moet by Impak ingehandig word. Eksamens word in geakkrediteerde eksamensentrums in Suid-Afrika behartig, met moontlike vervoer- en akkommodasiekoste-implikasies vir die kliënt.
Assesserings: Alle assesseringskomponente moet aan Impak gestuur word vir merk.
Vakke
Die VOO-fase vereis sewe vakke, wat saamgestel is uit vier verpligte vakke en drie keusevakke. ʼn Kandidaat kan vir ʼn maksimum van nege vakke registreer.
Die leerder neem vier verpligte vakke uit die volgende groepe:
Twee verpligte taalvakke:
Ten minste een Huistaal
ʼn Tweede taalvak, op Huistaal of Eerste Addisionele Taal-vlak.
Een van bogenoemde moet die taal van leer en instruksie insluit (m.a.w. die taal waarin die res van die leerder se vakke geneem word).
Een verpligte Wiskundige vak:
Wiskunde, of
Wiskundige Geletterdheid.
Een verpligte vak:
Lewensoriëntering
Die leerder neem ʼn minimum van drie keusevakke uit die volgende lys:
Tale:
French Second Additional Language (slegs in Engels aangebied)
Natuurlike, Wiskundige en Rekenaarwetenskappe:
Lewenswetenskappe
Fisiese Wetenskappe
Landbouwetenskappe
Landboubestuurspraktyke
Rekenaartoepassingstegnologie
Inligtingstegnologie
Menslike en Sosiale Studies:
Geografie
Dramatiese Kunste
Visuele Kunste
Religiestudies
Besigheids-, Handel- en Bestuurstudies:
Rekeningkunde
Besigheidstudies
Ekonomie
Ingenieurswese, Tegnologie en Dienste:
Siviele Tegnologie
Elektriese Tegnologie
Meganiese Tegnologie
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Gasvryheidstudies
Toerisme
Die VOO-fase sluit die volgende bykomende nie-eksamenvak vir graad 10 en 11 in:
Bybelonderrig.
Assesseringskomponente
In die VOO-fase is die leerder verantwoordelik om deur die loop van die jaar leerdoelwitte te bereik, wat bydra tot die leerders se jaarpunt (ook genoem SBA, of school-based assessment). Die jaarpunt word bereken deur ʼn kombinasie van deurlopende assesseringskomponente (ook genoem portefeuljestukke), soos voorgeskryf in die nasionale KABV, of in Engels Curriculum and Assessment Policy Statement – CAPS). Die assesseringskomponente word volgens verskillende gewigte, soos bepaal deur die KABV, saamgevoeg om die finale jaarpunt te bereken. Die jaarpunt tel 25% van die finale punt.
Die komponente wat bydra tot assessering in die VOO-fase.
Formele assessering in die VOO-fase
Graad
Deurlopende assesserings-komponente
(Maart, Julie en September)
Eindjaarassessering
Slaagvereiste
10 en 11
Maart-toetsreeks
Junie-eksamen
September-toetsreeks
Praktiese ondersoeke, navorsingsprojekte, take, mondelinge, praktiese assesseringstake en fisiese oefeninge-take
Eindeksamen
(November)
Huistaal: 40%
Enige ander twee vakke: 40%
Enige ander drie vakke: 30%
12
Maart-toetsreeks
Junie-eksamen
Augustus-toetsreeks
September-toetsreeks
Praktiese ondersoeke, navorsingsprojekte, take, mondelinge, praktiese assesseringstake en fisiese oefeninge-take
NSS-eindeksamen
(Oktober – November)
Huistaal: 40%
Enige ander twee vakke: 40%
Enige ander drie vakke: 30%
ʼn Beskrywing van die praktiese ondersoeke, navorsingsprojekte, take, mondelinge, praktiese assesseringstake en fisiese oefeninge-take in die VOO-fase word getoon in die tabel.
Beskrywing van assesseringskomponente in die VOO-fase
Assesseringskomponent
Beskrywing
Praktiese ondersoek
Die praktiese ondersoek in die verskillende fases soos verduidelik in die opdrag word deur die jaar gedoen. Die fokus is op die prosesvaardighede. Die leerder moet bewyse lewer van die beplanning, waarneming en versameling van inligting.
Die volgende basiese stappe word gevolg:
ʼn Ondersoekvraag wat die navorsingsdoel verduidelik, word gestel.
Versamel die toepaslike data wat nodig is om die praktiese aspek van die taak af te handel.
Maak gevolgtrekkings gebaseer op die teoretiese formulering van die navorsing.
Navorsingsprojek
Die navorsingsprojek is die teoretiese gedeelte van die praktiese ondersoek, waar die teorie ondersoek word om die praktiese gedeelte te demonstreer.
Taak
Take is gerig op die spesifieke vakinhoud wat uit die handleiding verkry word.
Mondeling
Mondelinge word vereis in alle taalvakke. Dit is ʼn kritiese vereiste vir die jaarpunt, en sonder ʼn mondelinge-punt sal ʼn leerder nie ʼn finale punt in die vak ontvang nie.
PAT (Practical Assessment Task)
ʼn PAT is ʼn taak wat deur die loop van die jaar in sekere praktiese vakke opgestel word. Behalwe vir ʼn PAT se bydrae tot die jaarpunt, vorm dit ook deel van die vak se eksterne assessering en dra ʼn verdere 25% by tot die finale punt van die kandidaat.
PET (Physical Education Task)
ʼn PET is ʼn fisiese oefening in Lewensoriëntering, met komponente wat fiksheid, spel, sport en genot insluit.
Back | Back to top |